’n Elektriese motorfietsekspedisie is verby die halfpadkerf van hul 6 000 kilometer lange reis na Suid-Afrika.Die vennootskap tussen ‘n Keniaanse elektriese mobiliteitsmaatskappy, Roam, en die Universiteit Stellenbosch het ten doel om te bewys dat die battery-aangedrewe motorfietse van Nairobi na Stellenbosch kan reis deur slegs sonkrag as energiebron te gebruik.Die span ingenieurs het op 29 September met hulle reis begin.