BRONKHORSTSPRUIT – Die diamantsmous Louis Liebenberg sal na verwagting in April sy borgtogaansoek voortsit.Intussen is sy vrou, Dezzi, van plan om teen die weiering van háár borgtog te appelleer.Die Liebenbergs het Dinsdag vlugtig saam met hulle sewe medebeskuldigdes in die Bronkhorstspruit-landdroshof in Gauteng verskyn.Hulle word van onder meer bedrog en geldwassery aangekla, wat verband hou met Liebenberg se diamantpakkieskema.