JOHANNESBURG – Die Johannesburgse metro sê hul nuwe veiligheidsplan gaan vandalisme in die stad se begraafplase hokslaan.eNuus het vroeg verlede jaar berig oor duisende nisse wat in die Braamfontein-begraafplaas gevandaliseer is.Dit was die grootste skade wat nóg in ‘n begraafplaas in die stad aangerig is.Die groep Friends of Johannesburg Cemeteries het meer as ‘n jaar lank gewerk om die skade te herstel.Thomas Cullinan en Enoch Sontonga is van die bekende name wat hier begrawe is.